N GIDS TOT DIE ...
BEGROTING
Investering in mense, bou van infrastruktuur en die stryd teen armoede et die herdenking van tien jaar vanvryheid, het Suid-Afrikaners baie om optrots te wees. As 'n land, het ons 'n sterk groeiende ekonomie, openbare finansies wordgoed bestuur, die Regering se skuld is laag,inflasie het verlaag, en ons het 'n begroting watdie behoeftes van alle Suid-Afrikaners aanspreek,maar in besonder dié van behoeftiges. Ons het 'nsamelewing geskep wat op die beginsels vangelykheid en geregtigheid gebaseer is, ons hetvrede en stabiliteit vermag en ons het instellingsopgerig met die oogmerk om benadeelde Suid-Afrikaners op te hef.
Maar daar is nog baie om te doen. Terwyl onsekonomie ongeveer 2 miljoen werksgeleenthedeoor die afgelope dekade geskep het, het die getalwerklose mense toegeneem. Ons moet nog baiemeer werksgeleenthede skep. Terwyl ons grootvordering met die verbetering van die lewens vanbaie mense gemaak het, het ons steeds 'n grootaantal Suid-Afrikaners wat in armoede lewe. Al het ons baie gedoen om ons samelewing veiligerte maak, moet ons nog baie doen om 'n meersorgende samelewing te skep. Dit is hierdie visiewat die Regering oor die volgende tien jaar vandemokrasie sal lei. Ons het 'n fondasie en 'n ekonomie gebou waarin ons nog meer hulpmiddele beskikbaar kan stel vir werkskepping en die stryd teen armoede.
Die 2004 Begroting bou op die prestasies van dieafgelope tien jaar en stel ook die Regering seplanne vir die volgende drie jaar. Hierdie plannesluit in: l'n Uitgebreide Openbare Werke Program wat n miljoen werksgeleenthede oor die volgendevyf jaar sal skep. lVersterking van die gesondheidsstelsel ommense wat met Vigs lewe, te behandel. lDie toename in die aantal polisie vrouens enmans na 150 000. lDie versnelling van die oordrag van grond aanduisende Suid-Afrikaners. lVoorsiening van meer skoolboeke en leermateriaal aan behoeftige skole. lVerdere implementering van die kinder­onderhoudstoelaag aan kinders tot en met die ouderdom van 14 jaar. lVoorsiening van fondse vir voedselverligting en die gevolge van droogte. l Investering in infrastruktuur soos paaie, brue, spoorlyne, hawens, skole, gemeenskap­
sentrums, lughawens, water-en rioolnetwerke en huise.
Oor die volgende drie jaar sal die RegeringR1 050 miljard spandeer op die lewering vandienste aan mense. In 2004/05 sal die RegeringR318 miljard spandeer waarvan 56 per sent aandie provinsies toegeken word, 5 per sent aanmunisipaliteite en 39 per sent aan die nasionaleregering. The groot spanderingsveranderinge opprovinsiale vlak sluit in die voorsiening van anti­retroviralemiddels aan mense wat siek is met Vigs, addisionele fondse vir leermateriaal virbehoeftige skole, hulpmiddele om klein-skaalboere te ondersteun, en om meer kinders van 'n onderhoudstoelaag te voorsien.
Addisionele fondse sal aan nasionale departemente toegeken word vir meer polisiebeamptes, om die werking van diehofstelsel te verbeter, om meer paaie te bou enspoorlyne op te gradeer, om die herstruktueringvan universiteite en technikons te befonds, en ook om die werksaamhede rondom die bewaring vanvrede op die kontinent te lei wat deel is van dieRegering se verbintenis aan die Nuwe Venootskapvir die Ontwikkeling van Afrika. Al drie vlakkevan die Regering ontvang addisionele fondse virdie implementering van die Uitgebreide OpenbareWerke Program. Munisipaliteite sal voortgaanmet die voorsiening van basiese munisipaledienste soos water, elektrisiteit en vullisverwydering. Die Regering sal verder belêin die voorsiening van dienste aan dié wat nie tansaan die netwerke gekoppel is nie.
Hierdie Begroting form 'n balans tussen dieinvestering in mense, die bou van infrastruktuuren inkomsteondersteuning vir die behoeftiges enweerloses. Deur hierdie balans reg te kry, sal dieRegering bydra tot die groei van die ekonomie,die skepping van werksgeleenthede en dieverligting van armoede.
Sosiale toelae bereik nou 7 miljoen mense ie Regering het in 2003 uitstekende vordering gemaak deur die uitbreiding van die kinderonderhoudstoelaag na kinders onder die ouderdom van nege jaar. Met inagneming van maatreëls om toegang tot alle sosiale toelaes te verbeter, is daar nou meer as 7 miljoen mense wat sosiale toelaes ontvang, insluitende die byna 4 miljoen wat die kinderonderhoudstoelaag ontvang. In 2004 sal die kinderonderhoudstoelaag uitgebrei word na behoeftige kinders onder die ouderdom van 11 jaar en in 2005 sal die toelaag vir alle behoeftige kinders onder die ouderdom van 14 ingestel word.
Hierdie jaar sal die maksimum ouderdom-en ongeskiktheidspensioen verhoog met R40 na R740 per maand. Die kinderonderhoudstoelaag is met R10 verhoog na R170 per maand. Die Regering neem verskeie stappe om die toegang tot toelaes vir die mees behoeftige mense te verbeter. Addisionele geld is aan die Departement van Sosiale Ontwikkeling toegeken om 'n agentskap op te rig om die direkte uitbetaling van sosiale toelaes oor te neem. Terwyl die verandering eers volgende jaar in werking sal tree, word werk reeds gedoen om die administrasie van toelaes in alle provinsies te verbeter. Boonop sal die Departement van Binnelandse Sake addisionele geld ontvang om hulle dienste aan die burgers te verbeter, veral in die landelike gebiede.
Die Regering implementer 'n Uitgebreide Openbare Werke Program n April hierdie jaar, sal die Regering die Uitgebreide Openbare Werke Program (UOWP) implementeer. Hierdie is die grootste werkskeppings inisiatief wat nog deur die Regering onderneem is. Die doelwit van die program is om 1 miljoen werksgeleenthede te skep oor die volgende vyf jaar deur sekere tipes infrastruktuur projekte asook om dienste wat gebruik maak van mense eerder as masjiene te lewer.
Munisipaliteite en provinsies sal hoofsaaklik verantwoordelik wees om die program te implementer. Projekte sal die konstruksie van plaaslike of lae-volume paaie, water- en rioolslote asook sypaadjies insluit. Boonop sal die Regering die spandering op onderhoud van skole, klinieke en ander Regeringsgeboue verhoog. UOWP projekte wat fokus op die tuisversorging van mense wat deur HIV en Vigs geaffekteer is, kindersorgprojekte en ook omgewingsprojekte soos Grondbewaring en die uitroeing van uitheemse plantegroei teen die rivierbanke sal ingestel word.
Terwyl meeste van die werksgeleenthede net vir 'n beperkte tyd sal wees, sal die mense wat in diens geneem word basiese opleiding ontvang om hulle in staat te stel om in die toekoms permanente werk te bekom. Die Regering sal byna R20 miljard op die program spandeer oor die volgende vyf jaar.
Vigs behandelingsplan word geimplementeer oos die Regering die stryd teen MIV en Vigs versterk, stel die Regering 'n omvattende behandelingsplan vir die mense wat siek is met Vigs bekend. Hierdie plan sal in alle provinsies en in alle distrikte geimplementeer word. Die Regering het 'n addisionele R2,1 miljard oor die volgende drie jaar beskikbaar gestel vir die aankoop van medikasie, voedsame bymiddels en toetsaparaat, asook om addisionele verpleegsters en dokters te huur om die program te administreer.
Terwyl dit 'n aantal jare sal neem om alle mense wat siek is met Vids te bereik, sal hierdie behandelingsprogram mense wat siek is met Vigs die geleentheid bied om hulle gesondheid te verbeter en hulle lewens te verleng. Dit is belangrik vir alle Suid-Afrikaners om vir die siekte getoets te word om sodoende toegang tot voorligting en behandeling te verkry.
Terwyl die Regering 'n behandelingsplan vir die slagoffers van Vigs bekendstel, sal die hoof fokus met die stryd teen MIV en Vigs nog steeds op voorkomende programme gemik wees, veral onder jongmense. Die verandering van seksuele gewoontes van alle Suid-Afrikaners is krities vir die oorwinning van ons oorlog teen Vigs.
Die Regering se antwoord op MIV en Vigs sluit ook n lewensvaardigheidsprogram in, wat aan skoolkinders aangebied word, en n tuis en gemeenskapsgebaseerde versorgingsprogram om mense te versorg wat deur die siekte aangetas is, veral kinders.
